“Aan alles wat daar 'n seisoen is, is daar ook 'n tyd vir elke saak onder die hemel.”
God het gesê deur die storms van die lewe sal ek jou nooit verlaat nie.
Tog, kom en gaan die storms en dit kom altyd na my toe, wanneer ek weet
ek niks verkeerds gedoen het nie. Tog weet ek, dat God saam met my op my
lewenspad is. Tog uit nêrens kom die weerligstrale en die stormagtige
winde waai my van kant tot kant. Maar ek weet ek kan deur die storm kom.
Dat daar 'n nuwe seisoen naby is. Dat hy met my vyande praat en vir my
‘n veilige pad deur maak. Al wat ek wil hê, is vir hierdie seisoen om my
veilig na 'n plek van vrede en kalmte te vat.
Ek bid harder, meer as wat ek nog ooit gebid het. God praat met my, laat ek Jou stem nog net een keer hoor.
Ek het 'n Goddelike doel wat gebore is in die middel van my geestelike winter, dit is
'n tyd om te evalueer, te beplan en om voor te berei. Dit is tyd om
ontslae te raak van al die ongewenste emosies wat diep binne ons siele
is, die pad van ons gedagtes skoon te maak. Dis tyd om onsself te leer
hoe om die reis wat voorlê te navigeer terwyl ons aangaan met ons
daaglikse lewens.
Is dit die tyd om die sneeu en ys van die pad van jou gedagtes af weg te vee?
Dit is tyd dat die Heilige Gees van God 'n plek binne-in jou het.
Ek weet dat wanneer hy so stil is, dit amper is soos jou verband, daar
dalk 'n vakansie geneem het, aangesien in winter, die meeste van ons
voel dat ons binne ons huise kan wegkruip tot dit verby is.
This is my native tongue Afrikaans. I wrote the English version as The spiritual season my life is in. I am trying to write a bit in my home language which isn't English. I have never written much in my home language as I seem to be more comfortable with the universal language.
1 comments:
Afrikaans is 'n ryk taal en dit is a pity dat jy nie 'n voledige vertaling van die engelse stuk geskryf het nie.
Die deel van 'curl up in the warmth of God's lap' was vir my baie mooi in die engelse version. Jy moet meer in Arikaans skryf ek het dit baie geniet dankie :)
Post a Comment